Inhoud en Ontwerp
Kinder College is 'n tema-gebaseerde program wat ontwerp is vir kinders van 3 - 7 jaar.
Inhoud word in 30 - 90 minute lesse verdeel wat elk 3 of meer aktiwiteite bevat.​
Elke tema bevat 5 lesse wat op mekaar kan volg in een week of uitgesprei kan word oor 'n paar naweke. Ons nuwe Mini Bokse bevat 16 individuele tema-gebaseerde aktiwiteite, perfek vir naweek/vakansie pret en geskenke!
​
Die program is ontwerp om saam met jou kind te groei - die eerste temas bestaan uit 'n paar eenvoudige, maar innemende daaglikse aktiwiteite.
Namate weke vorder en jou kind se liefde vir leer ontwikkel, neem die aantal aktiwiteite en vaardigheidsvlak daarvan toe.
Die program is aanbasbaar en jy kan soveel of so min van die aktiwiteite voltooi as wat jy en jou kind voor kans sien.​
Die program is verdeel in temagedeeltes wat elk die volgende bevat:
- 4 verskillende lettergebaseerde temas
- meer as 40 verskillende aktiwiteite
- 'n gedetailleerde geïllustreerde gids wat 'n aantal voorgestelde aktiwiteite vir elke les uiteensit
- alle gedrukte werkblaaie, feiteblaaie en ander materiaal wat benodig word om die aktiwiteite te voltooi
​
Laai die eerste 2 temas GRATIS af in elektroniese formaat om te sien hoe ons program uiteengesit is.
Beginsels
Die volgende beginsels word toegepas in die Kinder College kurrikulum:
1. Klankleer
In stede van die tradisionele ABC, leer ons vir kinders die klanke wat verskillende letters maak. Hierdie benadering help om leesgereedheid te bevorder.
​
2. Lettergroepe
Eerder as om klanke in alfabetiese volgorde te leer, word klanke in lettergroepe bekendgestel wat die kind in staat stel om meer woorde te vorm met die letters wat hy of sy geleer het.
Beide die bogenoemde beginsels word toegepas in privaat- en staatsskole in Suid-Afrika.
3. Kleinletters
Die Kinder College leerprogram begin deur klanke slegs in die kleinletter vorm bekend te stel.
Wanneer kinders te vroeg aan hoofletters bekend gestel word, is dit maklik om deurmekaar te raak met die korrekte gebruik daarvan. Baie kinders begin dan om hoofletters verkeerdelik in die middel van woorde en sinne te gebruik.
4. Die kind se pas
Die Kinder College leerprogram mik om ‘n liefde vir leer in ‘n ontspanne leeromgewing aan te wek en om vir ouers/onderrigters die geleentheid te bied om noue bande te smee met die kind.
Om ‘n positiewe gesindheid teenoor leer te behou, beveel ons aan om teen jou kind se pas te werk – party dae mag hy/sy minder aktiwteite wil doen as wat voorgestel is en ander dae miskien meer. Niks verhoed julle om meer tyd aan dieselfde tema te bestee of om 'n sekere aktiwiteit oor te slaan tot later as dit nie aanvanklik jou kind se aandag boei nie.
Vaardighede
Lesse sluit in die leer en bevordering van onder andere:
natuurstudies van diere, plante, die ruimte en meer
letters, nommers en vorms
fyn motoriese vaardighede
groot motoriese vaardighede
kuns en kreatiwiteit
letterkunde
seisoene
kontinente
Benodighede
Ons 4-weeklikse bokse bevat alle gedrukte werkblaaie en feiteblaaie; 'n gedrukte geïllustreerde gids en addisionele materiaal wat benodig word om die aktiwiteite te voltooi.
​
Die volgende basiese skryfbehoeftes sal egter moet aangeskaf word voordat julle met die program begin:
gekleurde kokis
inkleurkryte
waterverf en kwas
skoolskêr
Pritt gomstok
houtlym gom
plakkaatverf (primêre kleure)
Prestik (om feiteblaaie en visuele gidse vas te heg)
VRYWARING
Alhoewel die Kinder College leerprogram die werk dek wat deur die Departement van Basiese Onderwys vir graad R uiteengesit is, is dit NIE deur SACE-geakkrediteerde onderwysers geskryf nie en vervang dit nie 'n formele opvoeding nie. Dit dien eerder as 'n informele hulpmiddel wat ontwerp is om ouers wat tuisskool te help met voorskoolse onderrigting tot en met Graad R of as aanvullende oefening vir ouer kinders wat reeds vir 'n formele opvoedingsprogram ingeskryf is.
​
​
Kinder College tuisonderrig leerprogram Afrikaanse voorskoolse tuisskool kurrikulum