top of page

Ons Storie
Hi, ek is Hadi, eienaar van die Kinder College tema-geabaseerde leerprogram.
​
Die program het inspirasie ontvang uit my kleuter se groot begeerte om te leer asook my eie strewe om betekenisvolle aktiwiteite te vind om ons tyd saam te vul. Dit was my voorneme om voorskoolse temas te skep wat nie net boeiend en pret was nie, maar ook opvoedkundig en stimulerend.
Nadat ek haar vreugde en opwinding tydens hierdie lesse waargeneem het, asook haar verbasende vemoë om inligting te onthou, het ek geweet dat dié 'n program is waaruit beide ma's en kinders groot vreugde sou put.
​
Gaan na die "Hoe dit Werk" blad vir besonderhede oor kursusinhoud en ontwerp of om die eerste 2 weke GRATIS in elektroniese formaat af te laai.
Ons Storie: About Us
VRYWARING
Alhoewel die Kinder College leerprogram die werk dek wat deur die Departement van Basiese Onderwys vir graad R uiteengesit is, is dit NIE deur SACE-geakkrediteerde onderwysers geskryf nie en vervang dit nie 'n formele opvoeding nie. Dit dien eerder as 'n informele hulpmiddel wat ontwerp is om ouers wat tuisskool te help met voorskoolse onderrigting tot en met Graad R of as aanvullende oefening vir ouer kinders wat reeds vir 'n formele opvoedingsprogram ingeskryf is.
​
​
Kinder College tuisonderrig leerprogram Afrikaanse voorskoolse tuisskool kurrikulum
Ons Storie: Disclaimer
bottom of page